Willie wrote:Baie geluk Rudi
Die KR2 is baie maklik om te vlieg, so die vlieenier is dalk die "beast". Beslis makliker as die Bushbaby en die Thorp T18 Tiger. Sorg net dat jy sideslip op eindnadering en jou spoed af kry na 70mph voor jy eers probeer om te land. 60 oor die klavier. Omdat die vlerke so laag op die grond is, sit jy op 'n lug kussing en is dit amper onmoontlik om 'n harde landing te maak. Jy rond uit en hou so laag moontlik met die krag af die neus redelik hoog met min of geen uitsig tot die wiele raak. Druk die stok net bietjie vorentoe om die stert te lig en op die hoof wiele te hardloop. nou kan jy ook sien waar die baan is tot die stert later sak met stok amper heel voor. Jou taxi spoed behoort nou loopspeod te wees. Ry sig, sag om te sien waar jy heen gaan. My voorstel is om nie op 'n baan korter as 1200m begin nie. Laat Piet jou uit teken en vlieg Wonderboom of Lanseria toe vir landings tot jy gemaklik is. Nou dat jou spats af is kan jy Koos Botha vra om daar te oefen op Donkerkoek.
Dalk moet jy eers iets leer vlieg soos die RV6 want dan het jy geen opleiding in die KR2 self nodig nie.
Ons gaan nog baie pret saam geniet. Ek kan nie wag om te sien of ek jou gaan pak gee met spoed nie. My prop is uitgewerk vir 200 myl per uur teen max. OPM. en 120pk

Hi Willie!
Dankie!!
Ja, die vieenier is verseker die "beast" in die geval! Ek is bly sy sideslip lekker, ek is baie lief daarvoor! Ek het so 'n bietjie tyd in RV's hoofsaaklik 7's en ek dink hulle vlieg baie maklik, baie makliker as 'n Bushbaby of Jabbi so daar is hoop. Ek sal maar vir my eerste landings na Wonderboom gaan, dis naby en lank genoeg vir 'n 737 so ek behoort die KR daar te kan land

Sal dan maar versigtig vir Rhino kom probeer.
Met die nuwe hidroliese remme moet ek in elk geval aan die spats werk so ek sal hulle eers later as ek gemaklik is terug sit. Ek vind ek kan redelik goed uit haar sien met die stert op die grond, net 'n klein blinde kol reg oor die spinner so dit pla nie erg nie, 'n effense sig sag is al wat nodig is. Teen lae spoed is sy maklik op die grond. Sal met Piet gesels, sal die maklikste wees as hy kan help.
Ja, ons gaan lekker speel, ons sal maar sien met die spoed maar ek (en Ferdi) is nie bang nie

Watter prop swaai jy? Die P-Prop wat nou op VYZ is is lekker grof. Ek sal finale berekeninge maak sodra ek die nuwe rev-counter het maar sy maak verseker meer as 130PK sonder om te hard te boost, en dis hier by ons op 5000 voet plus nie by die see nie. Ons sal maaar 'n "Daar en Terug" vlug moet reel
Groete,
Rudi