Koedoesrand Akademie Fly In - 9 August 2018

Up and coming or past events details.

Moderator: Moderators

User avatar
cjerasmus
Fuelling up
Posts: 30
Joined: Sun Sep 04, 2011 9:42 am
Has liked: 1 time
Been liked: 0

Koedoesrand Akademie Fly In - 9 August 2018

Unread post by cjerasmus » Tue Jul 03, 2018 8:18 am

Koedoesrand Akademie is ‘n klein plaas skooltjie in Baltimore Limpopo.
Ons nooi julle vriendelik uit om te kom deel in ‘n dag vol pret en plesier by die Akademie nadat julle geland het op die aanloopbaan (Koördinate SUID 23′ 15″ 45 / OOS 28′ 24″ 52) te Komatie Lodge in Baltimore.
Vlieëniers en passasiers teken in, na ‘n koppie boeretroos met beskuit by die admin tent, vanwaar hulle op ‘n 2km rit na die Akademie vervoer sal word per skoolbussie.
By die Akademie sal daar reeds ‘n ontspanne FEES GEES heers, kom loop gerus rond en gesels met die leerders, personeel en ouers van die Akademie
Daar sal orals sitplek beskikbaar wees waar julle meer as welkom is om julleself tuis te maak.
‘n Ware BOSVELD VLEISFEES wag op almal wat die dag bywoon en die ete (+/- 11:30) sluit ondermeer die volgende in:
o Spitbraai (Skaap en Vark)
o Wildspasteie
o Kruisskuif/T-Been/Boerewors (gebraai op bestelling en voorkeur)
o Bykosse (aartappels, pap, sous, slaaie)
‘n Kontant Kroeg sal beskikbaar wees op die perseel (natuurlik sal die vlieëniers ‘n polsbandjie ontvang wat sal keer dat daar per ongeluk aan hulle ietsie verskaf sal word wat nie toelaatbaar is nie)
Daar is ook ‘n Vetkoek, Pannekoek en draairoomys tent vir die wat knibbelrig is voor die VLEIS FEES!
Gaan loer gerus na ons STORIE MUUR – en besoek asb ons DROOM bord vir meer inligting rakende die Akademie se toekomsplanne.
Corné Du Plessis van CdP Afslaers sal die veiling hanteer waar o.a. die volgende items opgeveil sal word:
o Egte leer en wildsvel geweersakke
o Blouwildebees jag pakket
o Biltong en Droë Wors
‘n Model Vliegtuig vertoning sal deurgans gehou word vir die wat belangstel, en kinders sal vermaak word op die speelterrein met ‘n springkasteel en nog meer.
Na afloop van jul kuiertjie, sal besoekers weer terug vervoer word na die vliegveld. Bussie sal heeldag beskikbaar wees vir vervoer – reel asb met admin.
Besoekers wat graag wil oorslaap kan besprekings doen deur die Akademie kantoor by verskeie lodges in die omgewing – kontak 083 645 3082 indien U hiermee hulp verlang.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jab4, C172, PA28
User avatar
cjerasmus
Fuelling up
Posts: 30
Joined: Sun Sep 04, 2011 9:42 am
Has liked: 1 time
Been liked: 0

Re: Koedoesrand Akademie Fly In - 9 August 2018

Unread post by cjerasmus » Wed Aug 08, 2018 7:44 am

Bump. :D
Jab4, C172, PA28

Return to “Events”